Mev. Bessie de Bruyn van Potchefstroom skryf: My Grootste Wonderwerk!

Wat ek vandag hier skryf, is alles net tot eer en lof van my God en Hemelse Vader en Jesus Christus, my Verlosser!
My liefdevolle God en Vader het ‘n groot wonderwerk in my lewe gedoen!
My dogter, na wie ek vir baie jare onophoudelik gesoek het, is na byna 58 jaar terug in my lewe - saam met my klein-kinders en agterkleinkinders!
My dogter is op 8 Oktober 1943 gebore. Omstandighede het my daartoe gedwing om my kind af te staan aan aanneemouers.
Ek gee aan ons liefdevolle God en Vader al die eer en lof dat my enigste kind in so ‘n goeie huis met christelike ouers, wat haar met liefde grootgemaak het, kon woon. Nou na al die baie trane en jare se verlange, is ek die dankbaarste mens op aarde, want op 11 Junie 2001 het my dogter, kleinkinders en agterkleinkinders weer my lewe betree. Dít alles net deur die genade van ons liefdevolle God!

Mev. Maxi van Deventer, Posbus 5017, Doringkruin, Klerksdorp, skryf: God Genees My!

Baie dankie vir die “Goeie Nuus”. Ek kan nie wag vir die verskyning daarvan om alles te lees nie! Graag getuig ek ook van wat die Here vir my gedoen het.
Ek het reeds vir heelwat langer as ‘n maand middeloorontsteking gehad en na drie reekse antibiotika was die oor nog nie gesond nie. Dit het later só erg geword dat as ek my oë toegemaak of beweeg het, dit gevoel het asof alles om my tuimel.
Die aand van 17 Mei 2001 om 19:15 het ek Roelf Theunissen in Potchefstroom geskakel en gevra dat hy en sy vrou asseblief vir my moet bid, waarop hy gesê het dat hy sommer dadelik oor die foon sal bid.
Aan die einde van sy gebed het hy vir my gesê dat ek my hande in die lug moet opsteek en vir die Here moet dankie sê vir my volmaakte genesing.
Na die gesprek het ek badkamer toe gegaan om my tande te borsel.
Toe ek by die wasbak buk, het ek skielik besef dat ek nie meer nodig het om aan die wasbak vas te hou nie. Die dronkgevoel was ook weg! Ek het my kop heen en weer beweeg, gebuk en weer beweeg. My balans was herstel!
Dit is amper al drie maande dat ek heeltemal genees is en geen wanbalans meer ondervind nie. Ek het ook geen verdere medikasie geneem nie.
Prys die Here vir Sy groot genade en liefde! Hy is die groot Geneesheer en is altyd daar wanneer ons Hom nodig het! Ons moet Hom net aanroep!

Christine Schutte, 290 9917, Potchefstroom, writes: Teshuva (Repentance)

On the 19th of August it is the start of the season of repentance in Israel. For 40 days, until the Day of Atonement (Yom Kippur) on the 27th of September, the whole nation comes into repentance before God. Every day at dawn they will hear the sound of the shofar (ram’s horn) to remind them to come before God with all of their heart.
This is actually an appointment God made with all His people when He gave Moses his precepts. The Feasts of God are times God set apart to meet with every individual of His people “You - your sons and daughters, your menservants and maidservants, the Levites in your towns, and the aliens (strangers or temporary residents), the fatherless and the widows living among you” (Deut. 16:11). Come, Church – let us, as the Body of Christ (the strangers) take time during this season to turn to God with our whole heart – to sit with His Word and praise Him and worship Him – the Almighty God. To be willing to change our ways and follow Him.
Come, let us repent of our lukewarmness and turn to Him – to hear His precepts and follow them with our whole being – with all the love in our hearts towards Him, because there will come a time when Jesus will come for His Bride, and she has to be ready – without spot or blemish to “be caught up together with (the righteous dead) in the clouds to meet with the Lord in the air” (I Thess. 4:17). The time is short!
“Lord, we cry out to You for your mercy in a time such as this. We have grown cold in our hearts, but want to come to You again. Heal our hearts in the Name of Jesus and warm them again by the touch of Your Holy Spirit. Open our ears to hear You and make us willing to GO and proclaim Your love to the world!”
Shall we be obedient as the people of Nineveh? God is “a gracious and compassionate God, slow to anger and abounding in love” (Jonah 4:2) when we are obedient and willing!
BRIEWE
 

Indeks     Index