'N GROOT STAP VORENTOE!
  Met groot opgewondenheid maak ons bekend dat Hebronhuis vir Haweloses nou sy finale fase bereik het. Innige dank aan die jeug van Elgrow-gemeente wat binne 2 dae die dak van die tweede gebou geskuur en geverf het, asook al die buitemure. Elektrifisering, sowel as die loodgieterswerk is byna voltooi. Ons vertrou om binnekort huisouers aan te stel. Ons loof die Here wat al so wonderbaarlik vir ons voorsien het! Groot uitdagings lê egter nog voor en ons vra dat u asb. vir ons bid. Aangesien hierdie 'n gemeenskapsprojek is met die doel om haweloses op te hef en te versorg, sal ons ook finansiële bydraes verwelkom. Baie dankie vir u wonderlike ondersteuning!
Skakel Gretha le Roux by (018) 290 1802 of 082 607 7198

Indeks     Index