NOG VERDER... | |
  |
Weer eens het God vir ons die onmoontlike moontlik gemaak! As saaiers van Sy Woord het Hy ons nog eens in staat gestel om verder uit te brei. Nog 3 dorpe se inwoners gaan maandeliks die "Goeie Nuus"/"Good News" gratis in hulle posbusse ontvang! "Aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen." (Efésiërs 3:20,21). Toe die eerste beskeie uitgawe van "Goeie Nuus" gedurende April 1998 die lig gesien het en net in Potchefstroom beskik-baar gestel is, het ons nooit kon droom dat die Here ons klein, menslike poging só sou seën en vermeerder dat ons 7 jaar later 9 dorpe kan bedien nie! Maar God herinner ons gedurig daaraan dat ons net soos die klein seuntjie in Johannes 6:9) ons 5 broodjies en 2 vissies na Hom moet bring. HY sal die vermeerdering bewerkstellig en die skare voed! Met groot dankbaarheid kan ons dan soos volg getuig met betrekking tot die verspreiding van "Goeie Nuus"/"Good News": 1998 in Potchefstroom; 1999 ook in Klerksdorp; 2000 ook in Stilfontein en Hartbeesfontein; 2001 ook in Orkney; 2004 ook in Parys beskikbaar. En nou gaan die “Goeie Nuus” ook in Ventersdorp, Ottosdal en Tosca versprei word! Met 'n oplaag van 35 000 gaan ongeveer 140 000 lesers bereik word! Aan die Koning van alle konings ons dank vir Sy bekragtiging en voorsiening! Aan al ons adverteerders ook ons hartlike dank dat u dit help moontlik maak dat die “Goeie Nuus” gratis aan ons lesers versprei kan word. Omdat ons oplaag, druk- en verspreidingskoste egter gedurig vermeerder en die advertensies gewoonlik nie genoegsaam fondse genereer nie, wil ons van hierdie geleentheid gebruik maak om vir ons blymoedige gewers wat aan God se Stem gehoorsaam is en ons getrou ondersteun, van harte dankie te sê. Ons weet die Here is niemand se skuldenaar nie en Hy sál julle bo die maat seën! Ons vertrou dat u as leser ook in u hart aangegryp sal word en hierdie bediening sal onder-steun deur vir ons te bid en/of finansieel by te dra, sodat ons steeds die Here se Woord verder en verder kan neem. Ons glo dat u ook ervaar dat dit nét die Here is wat ons kan staande hou in hierdie donker-wordende wêreld en dat dit dringend noodsaaklik is dat Sy Woord al meer en meer mense bereik. Saai, en samel saam met ons 'n ryke oes in vir God se Koninkryk! Hy is die Beloner en u sal verbaas staan oor wat God in en met u lewe en diens aan Hom kan doen! U kan ons op twee maniere finansieel ondersteun: 1) U kan 'n bedrag in ons bankrekening inbetaal. Ons bankbesonderhede is soos volg: Rekeningnaam: MEDIA-SENDING Bank: NEDBANK Potchefstroom Rekeningtipe: Spaarrekening Rekeningnommer: 2713412463 Takkode: 171338 2) U kan 'n debietorder (sien langsaan) van R30, R40, R50 of 'n bedrag van u eie keuse ten bate van “Goeie Nuus” teken wat maandeliks verhaal sal word. Baie dankie vir u ondersteuning. Mag die Here u ryklik seën! |