WANNEER JY EENSAAM IS...
  “Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie” (Deut. 31:6).
“... daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in Sy majesteit ry Hy op die wolke. Die ewige God is 'n skuilplek, Sy arms is altyd onder jou” (Deut. 33:27).
“Moenie bang wees nie, Ek is by jou ... Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met My eie hand red Ek jou” (Jes. 41:10).

“Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld”
(Matt. 28:20).
“Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe” (Joh. 14:18).
“Wie kan ons van die liefde van Christus skei? ... Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here” (Rom. 8:35, 38-39).
“God self het gesê: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie” (Heb. 13:5).

Indeks     Index