EK HET JOU ONDER DIE BOOM SIEN SIT | |
  |
Wanneer ons in ons moderne en gejaagde tyd ver heen op reis is, ken ons almal die verposing langs die pad: ‘n rusplek onder ‘n koelte-boom om bietjie uit te span en iets te eet voordat ons verder gaan. Dit wil voorkom asof dit selfs in Bybelse tye ook gebeur het dat mense op die hitte van die dag ‘n koelteboom gesoek het om so ‘n bietjie tot stilstand te kom - soms om te rus, en soms om maar net so ‘n bietjie na te dink oor belangrike sake. So het dit gebeur dat die Here aan Abraham verskyn het by die terpentynbome van Mamre “terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag” (Gen. 18). Waarskynlik het hy sy tente onder die bome opgeslaan, en in die koelte gaan sit, toe drie manne (engele) hom kom besoek het. Vers 8 lees: “En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet.” Hier het God met hom gepraat oor die geboorte van Isak, en hier het God met hom gepraat oor die verwoesting van Sodom en Gomorra waarna hy vir dié twee stede ingetree het. Belangrike sake. So kan dit gebeur dat wanneer ons stil word en “onder ons boom sit”, God ons raaksien en met ons kom praat en vir ons antwoorde gee oor netelige probleme. Hagar is deur Abraham wegge-stuur, en terwyl sy gedink het dat haar seun sou sterf, het sy in die woestyn gaan sit en ween. Gen. 21:15-16 verklaar sy het “toe die water in die sak op was… die kind onder een van die bosse neergewerp en geloop en op ‘n afstand (heel waarskynlik onder ‘n ander bos of boom) gaan sit so ver as ‘n boog kan skiet; want sy het ges?: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op ‘n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.” Hier, in haar nood en smart, het God haar raakgesien. Hy het ‘n put voorsien waar sy water kon kry, en God het met haar vertroostende woorde gepraat oor die toekoms van haar seun. God ken die hart van ‘n moeder. Sal Hy dan nie ook vir jou vertroostende woorde hê in jóú nood nie? Daar waar jy sit - roep tot God in jou nood en smart, sodat Hy jou kan verhoor! Dawid het gesê: “U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte” (Ps. 139:2). Met die roeping van Natánael, het Jesus vir hom gesê: “Hier is waar-lik ‘n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.” Natánael sê: “Waarvandaan ken U my?” En Jesus sê vir hom: “Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien” (Joh. 1:47-50). Die Here sien jou ook sit “onder jou vye-boom”. Dink jy dalk ook na oor jou roeping om voltyds vir Hom te gaan werk soos Natánael? Moenie versuim nie! Die tyd is kort! Gee oor, en jy sal groot en wonderlike dinge sien en beleef wat geen geld kan koop nie! Wat ook al jou nood is, die Here sê? vandag vir jou: “Ek sien jou onder die boom!” |