OP PAD MET GOD
 
Hoe volg ons Hom dag na dag? Onthou, Christus het vir hulle wat in Hom glo alles gegee wat nodig is om te lewe en Hom te dien sodat ons nie meer slawe hoef te wees van ons sondige natuur en die verderf wat dit meebring nie (2 Pet. 1:3-4). Hy wil ons dag vir dag krag gee om 地 lewe te leef van liefde en vreugde wat Hom behaag en tot ons voordeel strek. Dis waarom Efesiërs 5:18 ons aansê om toe te laat dat die Gees ons vervul, met ander woorde, aanhou om beheer te word deur die Gees wat in ons woon. Hy weet presies wat ons elke dag nodig het en ons kan Hom vertrou om ons te lei (Spr. 3:5-6). Hoe kan ons dus met Hom saamwerk op hierdie reis waarop ons saam is?
Om dag vir dag met Hom te wandel, beteken:
Om elke dag Sy Woord te lees en daarna te luister (Luk. 10:39, 42; Kol. 3:16; Ps. 19:7-14; 119:9).
Om tyd te maak om in gebed met Hom deur te bring (Filippense 4:6-7).
Om te besef dat God GOD is, en jy nie, en die rol wat Hy dus in jou lewe vertolk. Dit laat Hom toe om deur jou lewe te werk terwyl jy gemeenskap het met Hom.
Om saam met ander gelowiges te aanbid, te bid en leer (Hand. 2:42) en te dien in die goeie dade wat Hy vir ons berei het om te doen.
Om vir ander te vertel Wie Jesus is en wat Sy Woord sê, hulle te leer en te bemoedig, hulle te help en in hul behoef-tes te voorsien (Ef. 2:10).
God se doelwit vir elkeen van ons is dat ons gelykvormig sal word aan die Beeld van Sy Seun, Jesus Christus (Rom. 8:29). Nie een van ons sal egter hierdie doelwit van volkome volmaaktheid bereik voordat ons in die hemel by Hom is nie. Dán sal ons soos Hy wees omdat ons Hom sal sien soos Hy werklik is (1 Joh. 3:2).
Intussen wil Hy hê dat ons Hom getrou moet volg terwyl ons elke dag meer van Hom leer. Elke kronkel in die pad, elke beproe-wing en seën, is bedoel om ons te bring by 地 nuwe diepte van oorgawe aan die Here en Sy weë.
Hy wil nie slegs hê ons moet Sy wil doen nie; Hy wil hê ons moet op Sy manier oorgee aan Sy wil. Dit vra vertroue; vertroue in Sy karakter, Sy plan en Sy doelwitte (Spr. 3:5-6).
Soos jy hierdie reis voortsit - en dalk volg jy Hom al lank - moet jy aanhou om aandagtig na Hom te luister en Hom van naby te volg!
Ons slaag nooit volkome die eindeksamen hierin nie. Hierdie sensitiwiteit vir God vra 地 oomblik na oomblik oorgawe, 地 sterwe aan onsself en die impulse van ons vlees om ons eie pad te loop, om nee te sê vir die versoekings van Satan om te twyfel aan God en Sy Woord, en om te weier om toe te gee aan die verlokking en verleiding van hierdie wêreld. Ons mag nie ontrou wees aan die Here wat Sy lewe vir ons gegee het nie!
God wil hê dat elkeen van Sy kinders volwasse sal word. Sal kom by die punt waar ons volkome tevrede is in Hom en in Sy weë, volkome geborge in Sy soewereine liefde, en sal lewe in die volle maat van Sy reinheid en heiligheid. As ons 地 duidelike Beeld van Christus gaan uitstraal vir almal om te sien, gaan dit 地 daaglikse oorgawe vra, en 地 daaglikse strewe om Hom te volg waar Hy ook al lei (Luk. 9:23-25). Dis 地 getroue lewenswandel van volkome vertroue in Hom vir tyd en ewigheid. Dit is jou alles werd! Vertrou Hom. Luister aandagtig. Volg in Sy Voetspore!
[Uit: Vroue van die Bybel, Wayne Barber, Eddie Rasnake, Richard Shepherd, CUM, 2007].

Indeks     Index