ONTSTELLENDE DROOM! | |
  |
Amanda Endres, Klerksdorp, 073 385 4792, skryf: Op 8 Julie (01:45), het ek 'n ontstellende droom gehad: Ek is by vreemde mense in hul huis. Dit is net na middernag en ek probeer slaap. Ek voel baie onwelkom en onrustig. 'n Baba se geluidjies is hoorbaar van iewers in die huis en by my in die kamer lê en slaap 'n baba met 'n swart vlek op die linkerkant van sy gesig. (Die woorde, “die vlek van Ka?n” kom by my op). Dit is egter nie aan my duidelik aan wie dié baba behoort nie. Die huisvrou is my baie vyandig-gesind en verdruk my in die ergste graad. Met haar hare in twee vlegsels stap sy deur die donker huis na die voordeur toe waar haar man met 'n jong seun op die stoep sit en gesels. Ek stap by die agterdeur uit en gaan staan in die straat, kyk op na die swart hemelruim en sien 'n beroering. Ek voel geweldig onrustig en aanskou die buurt. Die meeste mense slaap, enkeles se ligte brand en iewers klink geluide van wêreldsmusiek op. Twee oumense met strak gesigte sit in hul motor voor die huis waar ek loseer, maar staar slegs voor hulle uit in die donker nag… Die tannie draai haar kop op 'n stadium na my kant toe, maar kyk my uitdrukkingloos aan. Skielik gewaar ek in die hemelruim 'n rooi-oranje vuurbal wat teen die spoed van lig aarde toe tol en wys dit vir 'n jong seun wat in die straat verby my loop. Hy kom pas van 'n partytjie af en sê heel meerderwaardig dat ons gate in die osoonlaag moet maak om die vuur weg te keer. Sy plan werk natuurlik nie en tonge vuur val oor die hele straat. Ons begin mense waarsku dat die einde van die wêreld gekom het deur van deur tot deur te klop, maar niemand luister na ons nie. Mense staar ons net aan, jaag ons weg, of ignoreer ons net. Ek kyk weer op. Dan sien ek dat alles nou ook rondom ons aan die brand geslaan het. Mense besef skielik dat daar werklik iets verkeerd is en paniek breek los. Almal probeer weghardloop van die vuur, maar sommige verkool voor my oë. Skielik word ek in die lugruim verplaas en sien dat die aardbol in 'n vuilgrys kleur gehul is. Dan word die aarde vertikaal in twee gesny deur God: die linkerhelfte het net sowat 6 lande daarop met Amerika se naam duidelik op een geskryf. Op die regterhelfte is 'n paar ander lande. Daar is egter baie lande wat “weg” is, asof hulle reeds van die aardbol gedelg is. Toe ek nader beweeg, kon ek sien dat die regterkant se lande in oranje en rooi omhul is. Nes 'Amerika' staan Spanje se naam duidelik uit. Een land aan die regterkant het 'n spesifieke vuurrooi skynsel en ek weet impulsief dat dit die “uitverkore” land is. Die twee helftes van die aarde lê kilometers van mekaar af weg, maar vorm steeds 'n sirkel. Ek en 'n handjievol mense besef ons is aan die verkeerde kant (links) en spring oor na die ander helfte van die aardbol. Ek besef dat ek amper deel was van dié wat vernietig gaan word en smeek God om nog 'n kans. God sê aan my dat ek nooit moet toelaat dat aardse dinge tussen ons kom nie en dat dit my amper vernietig het! Hy sê ook dat dit die einde van die wêreld is. Die twee stukke van die aardbol het nog in die rondte gedraai al was hulle los van mekaar. God sê dat die aardbol 7 keer sal draai en dat die 7de keer die finale keer sal wees. Net voor ek benoud wakker skrik, het die aardbol alreeds 4 keer gedraai. Ek vra God hoe ver die finale eindtyd op aarde is en Hy antwoord my: net 2 minute ver… |