EER AAN DIE HERE!
 

Die Pinkster Protestante Kerk, Sentraal Gemeente, Potchefstroom vier op Sondag 2 Sept. die kerk se 40ste verjaarsdag. Dit is 'n wonderlike en groot mylpaal en ons wil getuig van die groot weldade van God!
Pastoor Freddie Lubbe van Worcester sal ons gasspreker wees en daar sal mooi sang- en musiek-items gelewer word. 'n Reünie van lidmate wat deur die jare hier aanbid het, sal gehou word asook 'n kransleggings-plegtigheid vir diegene wat reeds ontslaap het.
Hierdie gemeente is op 8 Nov. 1969 in die huis van wyle mnr. & mev. Hennie Boshoff gestig. Daarna is begin om die kerkgebou op te rig in Rivierstraat, en op 2 Sept. 1972 word die kerk ingewy. Dit was 'n dag van groot vreugde en dankbaarheid teenoor God vir al Sy goedheid, voorsiening en troue sorg.
Op 9 Maart 1974 is Pastoor Hennie & mev. Pop du Preez as eerste voltydse herderspaar bevestig. Na 38 jaar is hulle steeds getrou op hul pos as herderspaar.
Deur die groot genade van die Here is daar geen skuld op die kerk en pastorie nie. Die gemeente kan getuig van groot seëninge deur die jare.
Baie mense noem hierdie kerk “Huis van Genade”omdat honderde kosbare mense wat deur die gevoellose wêreld neergevel is, hulp en genade hier ontvang het.
Dit is alles te danke aan God se onmeetlike genade en daarom wil ons Hom loof vir al Sy wonderdade!
Pastoor Hennie & Pop du Preez (018 294 5587).

Indeks     Index