WAT DINK JULLE VAN CHRISTUS?
  Fariseërs, wat dink julle van Christus?
“Hy eet saam met tollenaars en sondaars” (Matteus 9:11).

Pilatus, wat dink jy van Christus?
“Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie” (Lukas 23:22).

Judas Iskariot, wat dink jy van Christus vir wie jy vir dertig silwerstukke verraai het?
“Ek het gesondig deur onskuldige bloed te verraai” (Matteus 27:4).

Hoofman oor honderd, wat dink jy van Christus wat julle bewaak het?
“Waarlik, Hy was die Seun van God” (Matteus 27:54).

Duiwels, wat dink julle van Christus?
“Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God?” (Matteus 8:29).

Johannes die Doper, wat dink jy van Christus?
“Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem” (Johannes 1:29).

Apostel Johannes, wat dink jy van Christus?
Hy is “die Alfa en die Omega, die begin en die einde, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige” (Openbaring 1:8).

Petrus, wat dink jy van Christus?
“Waarlik, U is die Seun van God” (Matteus 14:33).

Paulus, wat dink jy van Christus wat jy vervolg het?
“Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry” (Filippense 3:8).

Engel, wat van die hemel neergedaal het met 'n boodskap aan die skaapwagters, wat dink jy van die Christus?
“Kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Verlosser wat Christus, die Here, is” (Lukas 2:10,11).

Salomo, wat dink jy van Christus?
“…Hy is geheel en al die lieflikheid self…” (Hooglied 5:16).

Onse Vader, wat in die hemel is, wat alle dinge weet, wat dink U van Christus?
“Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!” (Matteus 17:5).

LESER, WAT DINK U VAN CHRISTUS?

Indeks     Index