DANKIE | |
  |
Toe 'n bakker vir 'n arm man 'n brood gee, het hy vir die bakker ‘dankie’ gesê. Maar die bakker het gesê: “Moenie vir my dankie sê nie. Sê dankie vir die meulenaar wat die meel gemaal het.” Toe die arm man vir die meulenaar gaan dankie sê, het die meulenaar gesê: “Moenie vir my dankie sê nie. Sê dankie vir die boer wat die koring geplant het.” Toe die arm man vir die boer gaan dankie sê, het die boer gesê: “Moenie vir my dankie sê nie. Sê vir die Here dankie. Hy het die sonskyn en die reën gegee en die grond vrugbaar gemaak. Dit is hoekom jy brood het om te eet.” - Anoniem |