WAT JONA KON GEWEES HET
  "Hy het gaan sit... om te sien wat met die stad sou gebeur" (Jona 4:5).

Jona sit in skroeiende hitte om te kyk of God werklik vir Ninevé sal spaar. God voorsien 'n "wonderboom" vir 'n bietjie skaduwee oor sy kop. Maar 'n wurm vreet daaraan en die boom verdroog. Weer eens wil Jona sterf. Hy is jammerder vir homself as vir Ninevé se duisende inwoners, wat hy wou sien sterf ter wille van sy reputasie (Jona 4:10-11).

Jona kon bekend gestaan het as die man wat deur God gebruik is om die magtige Ninevé tot inkeer te bring. Maar nou word hy onthou as die man wat gevlug het vir God en vir homself.

Is ons nie ook maar, soos Jona, meer begaan oor ons eie reputasie as oor die lot van verloregaande mense nie?
Here, ek kan nie van U wegvlug nie...
Help my om in krisisse na U toe te vlug. Amen.
[LEWE SAAM MET JESUS. Selwyn Hughes, Struik Christelike
Boeke, 2001].

Indeks     Index