NEDERIGHEID, GELUK, HEILIGHEID | |
  |
"Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar." (Johannes 14:21). Die Here Jesus openbaar Homself op spesiale maniere aan Sy mense. Wanneer Jesus Homself aan Sy mense openbaar, is dit hemel op aarde. Dit is die begin van geluksaligheid! Sulke manifestasies van Christus het 'n heilige invloed op die gelowige se hart... Een uitwerking is nederigheid. Nog 'n uitwerking is geluk. In God se Teenwoordigheid is daar ewige vreugde. Heiligheid sal vir seker daarop volg. Iemand sonder heiligheid het nog nooit 'n spesiale openbaring van Christus ontvang nie. Party mense beweer baie dinge, maar ons moet hulle nie glo nie totdat ons sien dat hulle dade hulle woorde gestand doen. Ons sien dus dat Jesus se Teenwoordigheid in ons lewe drie dinge tot gevolg het: nederigheid, geluk en heiligheid. Mag God dit aan jou gee! [ELKE NUWE DAG, Charles Spurgeon, Christian Art Gifts, 2005]. |