"IT CAME TO PASS"
  'n Ou Negergelowige het eenmaal sy belewenisse tydens 'n storm só uitgedruk: "My favourite words ob de Bible am dese: 'And it came to pass.' And here am de reason: When trouble comes and when de testings and trials ob life break in fury ober my head, I turns to God's Word for help and comfort. I don't read very long until I come across de words, 'And it came to pass.' Dese words teaches me dat de sorrows and troubles didn't come to stay. Dey come to pass.'"

Hoe hy ook al daarby uitgekom het, hy het hierdie waarheid vasgegryp: Elke storm in ons lewe, hoe groot ook al, het nie gekom om te bly nie. Dit het gekom om weer verby te gaan. Elke storm moet uitwoed. Dit kan nie vir altyd bly nie!

Dit bring ons by 'n verdere belangrike aspek: Ons moet nie net storms trotseer nie, maar te midde van elke storm moet ons trouens steeds vrugte dra!

In Psalm 126:6 lees ons: "Hy loop aldeur en ween en dra die saad-koring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra". Ons moet te alle tye vir God besig bly. Moet nóóit die saadsak neersit nie. Dit is nie straf nie; dit is ons behoud.

As jy jouself in 'n krisis of storm bevind, probeer uitreik na iemand in nood. Dit sal jou krag gee om jou eie storm te hanteer.

Jer.17:7-8 lui: "Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie."

Ons moet áltyd vrugte dra. Selfs in 'n tyd van droogte. Hoe kan ons dit doen? Is dit dan so moeilik? Nee. Die geheim lê daarin dat die boom se wortels in die stroom moet bly. So moet ons altyd in die Here bly. Dán is vrugdra 'n natuurlike handeling.

© Dr. JJ Venter

Indeks     Index