LEEG AAN DIE SELF, VOL VAN GOD
  Jesus sê in Johannes 15:5: “Sonder My kan julle niks doen nie.”

As jongman het John Wesley aan sy ma geskryf:
My begeerte is om te voel en te weet dat ek niks is nie, dat ek niks het nie, dat ek niks kan doen nie. Want wanneer ek leeg van myself is, weet ek dat geen skepsel my kan verhinder om met die “volheid van God” vervul te word nie!

Hierdie niksheid waarvan John Wesley praat, is waarskynlik die een eienskap wat ons die meeste ontwyk. Dit verloën die ware “wese van selfwaarde” waarop so baie van ons ons identiteit skoei. En tog, as ons ons volkome aan God gee, neem Hy ons karige bronne en gee vir ons uit Sy volheid terug. Wat 'n wonderlike ruiltransaksie!

Gebed: Ek loof U, Here, vir U volheid; ek bely enige selfvoldaanheid en vra U om my met U volheid te vul. Ek nader tot U deur my gedagtes en gees leeg te maak van enige aspek van die self. Amen.
[Uit: Verseker van Vrede in onseker Tye, Shirley Dobson, CUM, 2003]

Indeks     Index