TERUG NA DIE BYBEL | |
  |
![]() "Maar vir julle wat eerbied het vir My Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale" (Maleagi 4:2). Om verantwoordelik te lewe in 'n samelewing met al vlakker morele beginsels, is slegs moontlik as jy jou waardes in die Woord soek, en daarby bly. Maleagi se vier rigtingwysers van eeue gelede geld nog steeds: ¦ Ons moet weer aan God die eer gee wat Hom toekom. ¦ Ons moet in ons kerke die beginsels van God se Woord duidelik voorhou. ¦ Ons moet die samelewing se druk weerstaan en ons huwelike as bindende verhoudings beskou. ¦ Ons moet erken dat ons ons besittings nie besit nie, maar dit net vir God bestuur. As Christene van die 21ste eeu moet ons ons visie herfokus op God - en dit kan ons net doen as ons teruggaan na die Bybel. Here, help my om die beginsels wat ek uit U Woord geleer het, aan ander deur te gee. [Lewe Saam Met Jesus, S. Hughes, Struik Christelike Boeke, 2001]. |