ATOOMBOM, HIROSHIMA EN GOD |
|
![]() |
|
  |
Op 6 Augustus 1945 om 08:15 het die Amerikaners die eerste atoombom, wat hulle "Little Boy" genoem het, op Hiroshima laat val. Dit was 'n baie kragtige uraniumbom. Na beraming het daar onmiddellik tussen 200 000 en 300 000 mense gesterf. Later sou nog meer sterf a.g.v. beserings en radio-aktiwiteit. Die oggend van 9 Augustus om 11:02 het die tweede atoombom, wat hulle "Fat Man" genoem het, Nagasaki getref. Hierdie een was 'n plutoniumbom. Die Noorde van die stad is vernietig en nog 70 000 mense het onmiddellik gesterf. Iemand het gesê: "When the atomic bomb fell, day turned to night and people became ghosts." 'n Ander bron se weergawe is: "Whereas the fire-bombing of Tokyo produced a death rate of about 100 000 fatalities among one million casualties (10%), the two atomic bombs produced a death rate of over 50% with the inclusion of deaths due to radiation. By 1950 nearly 350 000 Japanese had died from the effects of Little Boy and Fat Man." Hierdie twee bomme het Amerika gedurende die oorlogsjare $2 biljoen gekos om te vervaardig. Die temperatuur waarteen die eerste bom ontplof het, was meer as een miljoen grade Celsius! Geen wonder dat een van die wetenskaplikes uitgeroep het nie: "My God, we have created hell!" Die menslike trauma kan nie beskryf word nie. Daar was die "swart reën" wat radio-aktiewe afvalmateriaal oor groot dele van Japan gestrooi het. Duisende mense het doodgebrand vanweë die intense hitte. Duisende het blind geword van die intense lig. Omtrent al die mense wat in 'n radius van 1 kilometer van die ontploffing was, het gesterf. Brandwonde is opgedoen tot ongeveer drie en 'n half kilometer ver van die ontploffing. Baie duisende mense het gesterf vanweë die "vuurstorms". Was dit God se straf omdat die Japannese die Christene sedert 1614 vervolg het? (Daar het met een slagting 30 000 Christene gesterf by die Hara Kasteel in Shimabara gedurende 1638.) Of hoe het God hierdie tragedie van die atoombom-oorlog gebruik? Soos met 11 September 2001 het hier in Japan ook mooi verhale van God se ingrype na vore gekom. WANT GOD WAS ÓÓK DÁÁR! 'n Jong dame van Japan, Kiyoko Tanimoto, het uitgeroep: "Ek haat hom!" "Ek haat hom!" Sy kon nie die vlieënier vergewe wat die bom gewerp het nie. Sy was self byna lewend begrawe en het gesien hoe die vlamme nader en nader kom toe die reddingswerkers haar uit die puin bevry het. Verder het sy ook die pyn en lyding aanskou van haar eie mense. Later het sy 'n byeenkoms bygewoon waar hierdie vlieënier ook 'n spreker was. Hy het getuig hoe hulle oor die stad gevlieg het en nadat die bom gewerp is, het hy uitgeroep: "O God, wat het ek gedoen!" Sy het gesien dat hy byna nie kon praat vanweë die trane nie en dat hy waarlik berou gehad het. Dit is tóé dat sy kon bid vir vergifnis. Dit is tóé dat sy haar hart vir Jesus oopgemaak het en dat sy vrede kon vind. Die haat het verdwyn! 'n Jongman, Norio Maekawa, het op sewentien by die Japannese vloot aangesluit. Hy moes streng opleiding ondergaan. Hy was geskok toe hy kennis maak met 'n nuwe geheime wapen. Dit was 'n torpedo waarin 'n man gedra is wat dit akkuraat op die vyandelike skyf kon afstuur. Tagtig jongmanne is vir hierdie selfmoord-sendings gekies. Hulle is dan deur die plofkoppe van die torpedo's uitmekaar geskiet, terwyl hulle dit akkuraat op die vyandelike teiken afgestuur het. Gereeld het hy so 'n jongman hoor roep: "Ek wil nie sterf nie! Ek wil nie sterf nie!" Uiteindelik was dit sy beste vriend se beurt, en uiteindelik sou sy beurt aanbreek... Drie dae voordat dit sy beurt was, het die bom op Hiroshima geval, en daarna op Nagasaki, en hy het aan die dood ontkom. Dit was in 1945. Maar in die winter van 1948, sê hy, het God 'n houvas op sy lewe gekry. In 'n straatdiens het hy gehoor hoe mense van God getuig. Toe hy die eerste keer in sy lewe van die liefde van God hoor, het hy met trane van berou sy sonde bely en Jesus aangeneem as sy Persoonlike Verlosser. Hy het vrede gevind! Hy het hierna betrokke geraak by 'n Christelike Radio-Uitsaaidiens in Japan, en het baie duisende mense vir Jesus Christus bereik. Baie duisende het in hospitale en tronke en oraloor na die uitsendings geluister en tot bekering gekom. Duisende briewe het ingestroom. Wáár werk God? Hy werk oral en altyd, maar veral ook in krisistye, en veral met die individu wat hom tot God keer. Hy soek mense wie se hart onverdeeld op Hom gerig is! Hy soek mense wat Hóm soek! En Hy openbaar Hom aan diesulkes. Is jý in nood? Keer na Hom en gee Jesus 'n kans in jou lewe! © Dr. J J Venter |