MY WENS VIR ELKE BOER



 
Ek wens vir jou 'n koelteboompie
om in Sy omgee te rus...

'n Vars stroompie by jou agterdeur
om Sy lewenswater te drink...

'n Sonsondergang om jou dag mee af te sluit,
om so Sy vrede te bepeins...

'n Geloof wat sterker is as die Vrystaat se wind

Vrede wat elke uitdaging en teleurstelling oorkom;
Liefde wat uithou en vergoed.

Dan wens ek ook vir jou
seëninge van milddadige reën.

- Trudie Pearson, 072 477 1460, Bothaville


Indeks     Index