MET KERSTYD IS DAAR LIEFDE IN DIE LUG | |
  |
![]() MET KERSTYD IS DAAR LIEFDE IN DIE LUG. Dit is ‘n tyd vir liefde. En dié liefde kom in baie gestaltes: dit kom as welwillendheid en vriendelikheid, dikwels so afwesig die res van die jaar. Dit kom as omgee en mededeelsaamheid, offervaardigheid - van bydraes vir Kersfondse tot geskenke aan diegene wat nie het nie. As tyd-maak en beskikbaar-wees vir gesinslede en familie. As ontspanne saamwees met vriende. As ‘n soort sentimentele stemming by die aanhoor van vergange dae se Kersliedere in ons huise en op straat. As ‘n gevoel wat in ons hart inkruip en ons instem op die atmosfeer van die Kersseisoen. En dit is goed. Dit is wonderbaar. Dit hoort so. Dit maak die wêreld ‘n beter plek. Kerstyd bring liefde in die lug! - Dirkie Smit |