DIE HERE SE MINDERHEDE
  Gedurende die jare toe Noag aan die ark gebou het, was hy gewis in die minderheid - maar hy was beslis aan die regte kant!
Toe Josef deur sy broers verkoop en na Egipte toe geneem is, was hy heeltemal alleen - maar hy het die onderkoning van Egipte geword!
Gideon en sy 300 manskappe wat daardie spesifieke nag met erdekruike en fakkels in hulle hande gestaan het rondom die ontsaglike Midianitiese leër, was 'n niksbeduidende minderheid - maar hulle het die oorwinning behaal! Toe Elia teen die profete van Baäl gestaan het en moes bid dat daar vuur van die hemel sou kom, was hy alleen - maar daardie dag het hy die oorhand gekry!
Dawid se broers het hom verkleineer toe hy teen Goliat wou gaan veg - maar hy het gewen!
Toe Martin Luther sy 95 stellings teen 'n kerkdeur vasgespyker het, was hy 'n eensame figuur - maar sy oortuigings het miljoene mense na die Lig gelei!
Toe Jesus Christus deur die Romeinse soldate gekruisig is, was Hy absoluut alleen - maar Hy het die dood oorwin en sal altyd die groot Oorwinnaar bly!
- Die Kruisgesant

Indeks     Index