WONDERBARE CHRISTUS | |
  |
Hy is die Lig van die wêreld, maar Hy moes in die donker aan die kruis hang. Hy is die Lewe, maar Hy moes Homself aan die dood oorgee. Hy is die Seun van God, maar Hy moes soos 'n misdadiger sterf. Hyself het geen enkele sonde gehad nie, maar Hy is sonde gemaak ter wille van ons. Hy kon sê dat almal wat moeg is na Hom toe moet kom om rus te vind. Maar vir Hom was daar geen rus nie totdat Hy gesê het: "Dit is volbring!" Hy is die Beeld van die onsienlike God, maar mense het Hom beledig en op Hom gespoeg. Al die volheid van God woon in Hom, maar Hy het die gestalte van 'n dienskneg aangeneem. Hy het gesê dat enigeen wat dors het na Hom toe kan kom en drink, maar aan die kruis moes Hy self uitroep: "Ek het dors!" Vir ons lyk hierdie dinge onbegryplik, maar tog is Hy vir ons die "Wysheid van God". God se uiterste wysheid is uitgedruk in Jesus Christus, die Godmens wat ons Verlosser geword het! |