HOE MOES EK GEWEET HET? | |
  |
Die eienaar van die herberg verduidelik... Iemand wat dit nie self beleef het nie sal nooit die omstandighede kan begryp nie. Wie het ooit so ‘n toeloop in Betlehem verwag toe die Romeine ‘n sensus in die land beveel? Daar was mense van orals, van heinde en verre... Ook bekende mense uit die hoogste kringe en ons wat vir huisvesting sorg, moes wakker wees, want hier kon ons ‘n slag slaan en besigheid was goed. So ‘n kans sou ons nie gou weer kry nie! Ek was net dankbaar dat ek vir die vooraanstaandes wel almal onderdak kon gee. Uiteindelik was alles vol en ek sou niemand meer kon inneem nie. Toe daardie twee van Galilea af daar aankom moes ek eenvoudig sê ek het nie plek nie. Ek kon tog nie een van die belangrike gaste gaan vra om sy plek af te gee vir sulke eenvoudige mense nie! Hulle was moeg en die vroutjie se tyd was naby, maar hoe kon ek aan al die reisigers se probleme aandag gee? Hulle sê daar was ‘n besondere ster daardie nag, maar waar sou ek ooit tyd kry om na sterre te kyk? Daar was glo ook herders wat vertel het dat engele met hulle gepraat het. Maar kan ‘n mens jou aan skaapwagterstories steur terwyl ons rabbi’s niks daarvan gesê het nie? ---ooOoo--- As ek maar kon weet WIE daardie nag gebore sou word, sou ek die beste plek vir hulle gegee het al moes ek al daardie vername gaste uitgesit het en ek sou self in die stal gaan slaap het! (Amos R Wells) Is daar vandag vir Jesus plek in ons lewens, of moet Hy steeds "in die stal", buite en eenkant, verblyf soek? Kom ons maak Hom die Koning van ons harte en gee aan Hom die ereplek in ons lewens! |