BEVRYDENDE SELFONDERSOEK | |
  |
Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! (Ps. 139:23-24). Dit is weer die tyd van die jaar wanneer ons voorraadopname moet neem en selfondersoek moet doen. Dit pas ons om in hierdie dae weer bogenoemde gebed saam met Dawid te bid. Sommige gebede stel geen eise aan die bidder nie. Dit is maar 地 salfie vir die gewete. Om sinvol te bid sodat dit ook vir die Heilige Gees aan-neemlik is, moet 地 gebed volkome eerlik wees en gepaard gaan met 地 opregte gewilligheid om hartgrondige selfondersoek te doen. Om God te versoek om my hart te ken en my gedagtes te toets, kan 地 herskeppende ervaring wees. Dit stroop 地 mens van alle egoïsme, oppervlakkigheid en skynheiligheid. Jy sien jouself soos wat God jou sien en die prentjie is nie altyd mooi nie. Dit is wel verootmoedigend, maar tegelykertyd ook bevrydend. Toetsing en evaluering in 地 mens se geestelike lewe is dringend noodsaaklik. Dit is die voorwaarde tot diens: indien ons God se toets nie kan deurstaan nie, kan Hy ons nie in Sy diens gebruik nie. Eers wanneer die Heilige Gees ons tot selfondersoek dwing, word ons bruikbare instrumente in Sy Hand en verrig ons werk tot Sy eer. Dan is ons nie vir die toekoms bevrees nie, maar lê ons ons swak hand in Sy almagtige Hand en stap doelgerig die onbekende toekoms tegemoet. Heilige Vader, maak my gewillig om my onder die toetsing van die Heilige Gees te plaas en vorm my tot U diens. Selfondersoek beteken nooit om iets prys te gee nie, want iets wat jy opgee, is 地 verlies. Die Here vra van ons slegs om dinge van die wêreld prys te gee in ruil vir dinge wat baie beter is. - Fulton J. Sheen [Elke Môre Nuut, Solly Ozrovech, CUM, 1999]. |