BRIEWE | ||
  |
Joe en Denise Naude, Potchefstroom, 018 290 9155, skryf: Wanneer jy jou geloof in God stel, kan enigiets gebeur! Op ‘n stadium vra ons die Heer vir ‘n ander motor aangesien ons so baie probleme met ons eie motor ondervind het. Die Here antwoord en voorsien vir ons 'n Opel om Sy werk mee te doen. Na verloop van tyd doen die Here ‘n verdere wonderwerk en genees my van ‘n mantelvliesbreuk! ‘n Tyd later begin my knieë moeilikheid gee en ek moes albei knieskywe laat vervang. Deur ‘n woord van profesie sê die Here egter dat daar nie ‘n mes naby my knieë sal kom nie. Ek neem die woord in die geloof, maar omdat ek toe nog steeds las van die knieë het, vra ek die Heer of Hy dalk intussen vir my ‘n outomatiese voertuig kan voorsien wat my las aansienlik sal verlig. Later ondervind ons probleme met die Opel. My seun van Potgietersrus sê vir my dat hy eers gedurende Desember vir my die motor sal kan kom regmaak. Ek en my vrou vertrou die Here en glo dat Hy ‘n weg vir ons sal maak. Twee weke gelede kom my seun hier aan en bring vir my ‘n outomatiese Mercedes-Benz! Die Here is só goed vir ons en ons wil aan Hom net al die eer en lof bring! |