5 VOOR MIDDERNAG?
 
NOU BESKIKBAAR!

Party vername mense maak geen geheim daarvan dat hulle uitsien na ‘n formidabele leier wat alle probleme uit die weg sal ruim nie. So ‘n man is Paul-Henri Spaak, die eerste president van die Algemene Vergadering van die VN, die eerste president van die Europese Parlement en ook die voormalige sekretaris-generaal van Navo. Hy het by geleentheid gesê:

“Ons het nie nog ‘n komitee nodig nie. Ons het reeds te veel. Wat ons wil hê, is ‘n man met genoeg aansien om alle mense se vertroue te wen en ons uit die ekonomiese moeras waarin ons wegsink, te haal. Stuur vir ons so ‘n man, en of hy ‘n god of die duiwel is, ons sal hom ontvang!”

‘n Groot leërmag uit Afrika asook geweldige leërs uit die noorde sal op die Midde-Ooste toesak om Antichris aan te val waar hy homself juis gereed maak om met Israel klaar te speel na die verbreking van sy vredesverbond met hulle omdat hy in die tempel van God gaan sit het en voorgegee het dat hy God is (n.a.v. 2 Tessalonisense 2:4(b)). Hy sal egter sommige van hierdie pogings tot verset teen hom onderdruk. Maar voordat hy Jerusalem en Israel kan aanval en vernietig, “...sal gerugte uit die ooste en die noorde hom ontstel, en hy sal woedend optrek om baie mense dood te maak en uit te roei” (Daniël 11:44).
Wat behels hierdie ontstellende nuus uit die Ooste? Een van die grootste riviere in die wêreld, die Eufraat het opgedroog en geweldige leërs uit die ooste trek daardeur om hom te kom aanval!
“Die sesde engel het toe sy bak op die groot Eufraatrivier uitgegooi. Die water daarvan het opgedroog om ‘n pad vir die konings uit die ooste oop te maak” (Openbaring 16:12 NV).
Hierdie nuus ontstel die wêreld-diktator aangesien hy pas die opstande deur die leërs uit die suide en die noorde onderdruk het. Nou verneem hy dat die Eufraatrivier, wat ‘n grens asook ‘n versperring tussen Israel en die lande rondom hom vorm, opgedroog het en dat geweldige leërs met ongeëwenaarde getalle uit die ooste in aantog is om hom te kom aanval!
Johannes skryf vir ons: “Die aantal perderuiters van hulle leërs was miljoene der miljoene en nog ‘n keer soveel. Ek het hulle getal gehoor” (Openbaring 9:16 NV).
Dr. Larry Wortzel is ‘n afgetrede Amerikaanse weermagkolonel. Hy is ook ‘n voorste kenner van China en het gedien as direkteur van die Instituut vir Strategiese Studies aan die US Army War College. In Oktober 1998 het hy die volgende verslag ingedien: “China se staande gewapende mag van sowat 2,8 miljoen soldate aktief in uniform is die grootste militêre mag op aarde. Ongeveer ‘n miljoen reserviste en sowat 15 miljoen burgermaglede ondersteun hulle. Met ‘n bevolking van meer as 1,2 miljard mense het China ook ‘n potensiële mannekragbasis van nog 200 miljoen manlike burgers wat te eniger tyd beskikbaar is vir militêre diens.”

Bostaande is uittreksels uit die boek 5 VOOR MIDDERNAG? wat NOU beskikbaar is!
Stel u belang in Eindtyd-gebeure? Raak u ook bewus van die wanorde en rigtingloosheid van ons wêreld? Is u ook van mening dat dinge nie maar net so kan voortgaan nie? DAN IS HIERDIE BOEK VIR U! Die outeurs van hierdie boek is dr. Japie en Huegene Venter, uitgewers van “Goeie Nuus”/ “Good News”.
Ons bied 5 VOOR MIDDERNAG? aan u teen die onoortreflike bekendstellingsprys van slegs R100 (geld nog vir Desember)! Vir enige navrae, skakel ons by 018 293 1996 of 074 254 2319, of vul die bestelvorm hiernaas in en pos aan: Goeie Nuus, Posbus 1957, Potchefstroom, 2520.

Ons is seker dat u hierdie boek insiggewend sal vind en sal wil deel met u familie en vriende. Daarom kan dit dien as die perfekte geskenk vir u geliefdes hierdie Kersseisoen!


Indeks     Index