SOMER-KERSDAG | |
  |
‘n son-dag vol weemoed-genot ‘n warm hoop-wens wat wag op die wonder en glorie van God. ‘n Jong dag, gebore skoon, blink en blou met vreugde van saamwees deur liefde omvou, waarop skepping en skepsel hul hulde wil bring deur tot die Skepper ‘n loflied te sing. en later ‘n Hoëveld stapelwolk-storm wat donder en blits en waarsku-vermaan teen sondeval-nood, teen die oordeel en dood van siele wat magteloos, spartel-vergaan... Maar eensklaps bring Hy weer die stilte, die rus, die vrede, die redding, die reënboog vol hoop, en skepping en skepsel word dankbaar bewus van verlossing en lewe deur Liefde gekoop. © Estie Nel |