...MOENIE VREES NIE... (Matt. 28:10)
  Hierdie woorde staan 365 keer in die Bybel: een keer vir elke dag van die jaar!
Staan jy vandag voor 'n moeilike keuse of beslissing? Verkeer jy in 'n krisis? Moet jy 'n operasie ondergaan?
Maak nie saak wat die omstandighede is nie, die opgestane HEER staan voor jou met Sy: “Moenie vrees nie.” Ons hoef nie meer te vrees nie, omdat Hy oorwin het!
Wat 'n tragedie dat ons ons so deur vrees laat bind. Ons is soos Michelangelo se beeld van die slaaf: voor reik hy na vryheid, maar sy agterkant is nog vas aan die rots waaruit hy gekap is.
JESUS het egter daardie rots van vrees weggerol en jy en ek het vrygeraak! Ons angs is iets van die verlede.
Moet dan nie meer in die verlede leef nie. Lééf in die heerlike hede en toekoms van God se Heerskappy! JY HOEF NIE MEER TE VREES NIE!
- Murray Janson “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met My reddende regterhand” (Jesaja 41:10 OV).

“Fear not [there is nothing to fear], for I am with you;
do not look around you in terror and be dismayed, for I am your God.
I will strengthen and harden you to difficulties, yes, I will help you;
yes, I will hold you up and retain you with My [victorious] right hand
of righteousness and justice”
(Isaiah 41:10, Amplified Bible).

“Se boife, gonne ke na nao! Se tlalelwe, gonne ke Modimo wa gago!
Ke a go tiisa, ee, ke a go thusa, ee, ke go tsegeditse ka
letsogo la me le le jang le le pholosang”
(Jesaya 41:10, Beibele ya Setswana).

Indeks     Index