MOUNT ZION MINISTRIES
  Vir baie jare het ek, soos so baie ander mense en veral vroue, gely aan depressie, selfveroordeling en hopeloosheid. Ek het soos 'n nikswerd mens gevoel. Ek het elke opmer-king as persoonlik beskou en toegelaat dat alles my negatief beïnvloed.

Daar was baie min sonskyndae en ek het dit probeer oorwin deur net te eet en eet en eet!

Toe het ek Mount Zion Ministries se kursus gevolg. Ek het soveel geleer en is ook toegerus om presies te weet hoe en waar Satan my spesifiek aanval sodat ek oneffektief geleef het en my skeppingsdoel wat God vir my beplan het, misgeloop het.

Tydens die kursus het ek geleer hoe om my vrede te behou en om in oorwinning te leef! Ek het geleer dat dit maklik is om God se wil en plan vir my lewe uit te leef. Ek is vry van depressie en depressiepille want God se Woord is my vreugdepil vir elke dag! - Chrizelda Vercueil vercueil@mnet.co.za Hierdie kursus het my geestelike oë laat oopgaan. Ek het só baie geleer!

Nie een persoon wat deel is van ons Bybelstudiegroep, is meer dieselfde nie! Die dames kan nie ophou praat oor die verandering in hul lewens nie.

God se liefde het vir elkeen só 'n werklikheid geword! Almal het besef hoe belangrik dit is om waarlik vry te wees en elke dag te wandel onder die leiding van die Heilige Gees en onder die beskerming van Jesus Christus se Bloed want ons stryd is beslis nie teen vlees en bloed nie!

"Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Efésiers 6:12).
- Yolanda Wouda

— oOo —

Tydens hierdie kursus het ek nie slegs geleer wat bevryding behels en waarom dit nodig is nie, maar ek het ook geleer om my gees-telike wapens (waarvan die meeste mense nie eens bewus is nie), daagliks te gebruik. Hierdie kursus is oor en oor die moeite werd, aangesien ons in die laaste dae leef en gereed moet maak vir ons Bruidegom wat kom vir 'n skoon en vlekkelose Bruid. God kan ons ook eers waarlik kragtig gebruik as ons 'n skoon en rein kanaal vir Hom is. "Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voor-werpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer. As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk" (2 Tim. 2:20, 21).
- A de Beer

Indeks     Index