MOENIE INEENSTORT NIE | |
  |
"Sy antwoord was: 'My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.'" (2 Kor. 12:9). Sonder jou af en bring tyd met God deur voordat dit te laat is. Ongeag hoe sterk en gesond jy is, ongeag jou ouderdom, ongeag wat jy dink jy weet, sonder God gaan jy moeg en vermoeid raak. God word nie moeg nie en die Woord sê dat Hy krag gee aan dié wat afgemat en vermoeid is; dat Hy dié versterk wat nie meer kan nie. Dié wat op die Here wag, wat met verwagting na Hom uitsien en op Hom vertrou, sal vernuwe word (Jes. 40:28-31). God is meer as gewillig om jou te versterk. Sorg dat jy alleen met God verkeer wanneer jy ‘n behoefte daaraan het om versterk te word. Uit: Ontmoet God Elke Oggend deur Joyce Meyer, Struik Christelike Boeke Bpk., 2004 |