GEE JOUSELF SONDER VOORBEHOUD
  "Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word..." (2 Kor. 2:15).

Volgens die Bybel het God se volk elke oggend vrywillige offergawes aan Hom gebring. Hulle het almal verskillende offerandes gegee, soos goud, brons, linne, olie en edelstene (Eks. 35). God vra dat ons ons lewe offer in toegewyde diens aan Hom.
Die Bybel sê dat God bly is oor ons offers van lof (Heb. 13:15), en dat ons gebede opstyg na Hom soos welriekende offerandes.
Hy wil hê dat ons elke oggend na Hom toe moet kom en sê, “Here, hier is ek; ek wil ‘n lewende offerande wees.”

Uit: Ontmoet God Elke Oggend deur Joyce Meyer, Struik Christelike Boeke Bpk., 2004

Indeks     Index