STAAN IN DIE BRES...
 
“Ek het iemand tussen hulle gesoek wat ‘n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar Ek het niemand gekry nie. Daarom laat Ek My toorn oor hulle losbreek en vernietig Ek hulle met die vuur van My gramskap. Ek laat hulle kry wat hulle verdien, sê die Here my God” (Esegiël 22:30-31).
Soewereine God, ons bely dat daar min toegewyde bidders in ons land is om in gebed voor U te staan.
Wanneer ons vir ander intree in ons voorbidding, staan ons dikwels hoog-moedig teenoor die verlorenes en selfs teenoor medegelowiges deur die manier waarop ons bid.
Wees asseblief genadig en vergewe ons. Laat ons opnuut in die gaping staan vir ons land en sy mense. Leer ons die regte manier van intersessie en gebed.
(120-dae gebedsfokus - Jerigo Mure, Januarie 2007).

Daar is nie so iets soos ‘n herlewing sonder trane van oortuiging en berou nie. Herlewing gaan oor persoonlike heiligheid.
[Uittreksel uit: Revival, a people saturated with God deur Brian H Edwards].

Indeks     Index