GENADE!
 
Moenie dink dat jy sonder pyn en vernedering iets betekenisvols in jou lewe kan doen nie.
Is jy gewillig en het jy die moed om na te dink oor al jou mislukkings die afgelope jaar? Sal jy dit alles in woorde uitdruk en teenoor die Here erken?
“As U van die sondes sou boekhou, wie sou dan voor U in die hof kan staan, Here? Maar nou vergewe U sonde, en daarom gee ons U die eer.”
(Ps. 130:3-4 DLB).
Here, as ek dit nie geglo het nie, waar sou ek gewees het. U neem U pen, Here, en skryf dan oor elke bladsy van die afgelope jaar: “Vergewe”!
U skryf dit met die Bloed van Jesus Christus en ek sien dit deur die trane van my dankbaarheid.
- Andrew Kuyvenhoven
(Die Kruisgesant, Feb. 1985)

Indeks     Index