VOORUITSIGTE VIR DIE PAD VORENTOE!
  Catherine Marshall
Namate ‘n mens ouer word, word jou liggaamsgang stadiger en jou krag minder. Maar in die geestelike lewe is juis die teenoorgestelde waar, want die moontlikheid van groei word met die jare wat verbygaan al groter. Die hoogtes en dieptes van die gees en die vurige ywer vir God is nie iets vir kinders nie.
In die tweede deel van ‘n mens se leeftyd kan dit gebeur dat die Christen se pas van ‘n volgehoue stap tot ‘n vinniger draf oorslaan. Opgewondenheid en intense ervaring van die lewe kan toeneem. Daar kan ‘n nuwe kwaliteit van vreugde wees.
Hierdie ontwikkeling is nie van omstandighede afhanklik nie. Dit maak nie saak of ons situasie gunstig of ongunstig is nie, want dit word bepaal deur die verbintenis met dié Een wat mag het oor omstandighede. Daar kom ‘n vreugde wat iets blywends inhou, iets van die ewigheid self. Dan groei die besef by ons dat niks vandag of môre met ons kan gebeur wat daardie vreugde kan wegeem nie.

Indeks     Index