GOD DOEN VANDAG STEEDS WONDERWERKE! | |
  |
Aan God ál die eer! Hy het wonders aan ons gedoen en ons kan nie swyg nie, want in Psalm 50:15 lees ons: "…roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer." Op Vrydag, 12 Januarie 2007, het Sarie Potgieter 'n beroerte-aanval gekry. Die regterkant van haar liggaam was heel-temal verlam en sy kon glad nie praat nie. Haar man het haar onmiddellik na Medi-Clinic geneem. Haar dogter het haar vrien-dinne in die Maranata-gemeente in kennis gestel en dadelik is almal opgeroep om vir Sarie in te tree in gebed. Saterdag-oggend het een van die gemeente-dames haar gaan salf met olie, hande opgelê, en die Here met groot erns aangeroep vir Sarie se genesing. Sondagoggend om 05:00 het die Saalsuster haar vriendelik begroet met 'n "môre-môre" en Sarie het onmiddellik gerea-geer: "môre-môre". Skielik het sy besef dat sy kon praat en met verwondering het sy uitgeroep: "Dan kan ek mos loop ook!" Voordat die Suster haar nog kon help, het sy uit die bed opgespring en die hele saal vol gedans van vreugde…volmaak genees! Die hospitaalpersoneel was stomgeslaan en het haar man dadelik geskakel (al was dit net na vyf in die oggend), om hom van die wonderwerk te vertel! Tannie Malie Botes se klein-dogter wat 40 jaar oud is, was in 'n ernstige motorongeluk betrokke. Met veelvuldige breuke en in 'n koma, het haar dokter verklaar dat sy nie sou oorleef nie. Indien wel, sou sy nooit weer kon loop nie en haar brein sou ook beskadig wees. Lidmate van die Maranata-gemeente roep God aan vir 'n wonderwerk. Na verloop van 3 dae ontwaak sy uit die koma, helder van verstand, en groet almal met groot opgewon-denheid. Sy word 'n week later ontslaan. Dit is net God wat sulke wonders kan doen! Sy loof die Here dat Hy haar as't ware uit die dood teruggebring het en beloof om Hom voortaan van harte te dien in gees en in waarheid. Petro Jordaan getuig van Sondagoggend, 14 Januarie, se genesingsdiens. Met verskriklike pyn in haar rug en blaaie, kon sy skaars sit of loop. Vol vertroue dat God haar sal genees, het sy diens toe gekom. Nadat sy gesalf is en daar vir haar gebid is, het sy dadelik gevoel hoe vloei daar strome van krag deur haar liggaam. Na die diens het sy trappe geklim, baie beweeg en agtergekom dat al die pyn weg is. Alle eer aan Koning Jesus, die pyn is steeds weg! So het die Here die afgelope jaar ook vir Wilma Delport genees van inwendige kanker. Sy is maar 31 jaar oud en die nuus was 'n doodstyding. Die gemeente het God aangeroep en na 'n paar maande (en drie keer se opvolgtoetse) kan sy getuig dat die dokters géén teken van kanker vind nie. Aan God al die eer! Wilma is nie die enigste persoon wat die Here van kanker genees het nie. Tannie Hester van der Rheede, asook die pastoorsvrou van Maranata-gemeente, Loraine de Kock, is volmaak genees. Die Here het Loraine 5 jaar gelede aangeraak en genees. Na vele toetse het haar dokter getuig dat daar steeds geen teken van kanker is nie! Groot en magtig is God! Aan Sy grootheid, mag en liefde is daar geen einde nie! Mense met probleme, siekte en krisisse kan altyd na Jesus kom. Hy stel niemand teleur nie. Die woorde in Jakobus 5:16(b) is die waarheid: "…bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van 'n regverdige het groot krag.” Daarom word daar met groot toewyding gebid by die Maranata-gemeente. |