MEER AS 100 MILJOEN!!!
  Méér as 100 miljoen! Dit is hoeveel Christene vandag in lande soos Noord-Korea, Iran, Saoedi-Arabië, Somalië, Maledive, Afghanistan, Jemen, Mauri-tanië, Laos en Oesbekistan vervolg word ter wille van hulle geloof in Jesus Christus.
‘n Huiskerk is gedurende Mei 2010 deur die Noord-Koreaanse owerhede ontbloot en dit het drastiese nagevolge gehad, kenmerkend van hierdie land. Die 23 Christene is deur die polisie ontdek in Pyungsung-provinsie. Drie van die Christene is onmiddellik ter dood veroordeel, terwyl die ander 20 na ‘n arbeidskamp gestuur is.
Die Here is vir die meeste Irakkese Christene op hierdie oomblik hul enigste hoop. Hulle leef onder baie moeilike omstandighede en ervaar deurgaans geweldige vervolging. Hulle ontvang geen ondersteuning of hulp van die regering nie en wonder of die res van die wêreld bewus is van hulle omstandighede. Dit voel vir hulle asof hulle heeltemal vergete is...
Op 31 Oktober 2010 is 58 kerkgangers in Bagdad in Our Lady of Salvation Church dood na ‘n wrede aanval. Ten spyte van al die gevare, bly hierdie Christene steeds volgelinge van Jesus en wil hulle in die Here se Koninkryk werk. Hulle kies om Christus te volg, ongeag die koste!
Bid asb. ernstig vir ons broers en susters regoor die wêreld.
[Geopende Deure, Feb. 2011]

Indeks     Index