BUFFEL VIR BYBELSKOOL | ||
  |
Wou jy al ooit iets so graag hê dat jy bereid was om jou kosbaarste besitting te verkoop? Yip, 'n jong Chinese meisie, weet wat dit beteken. Haar gesin, arm boere, het hulle kosbare waterbuffel - die een ding wat noodsaaklik is vir 'n boer in China - verkoop om haar droom te bewaarheid. Ons praat nou nie hier van die begeerte om 'n iPad of die nuutste Blackberry aan te koop nie, maar om haar na 'n Bybelskool te stuur sodat sy as predikant opgelei kan word. Yip woon in 'n klein dorpie in die berge van Henan, een van China se armste provinsies. Daar is geen behoorlike paaie of vervoer nie. Om by die kerk uit te kom, moet sy en haar gesin 10 km te voet aflê. Die meeste mense in haar gemeente is bejaard en hulle begin reeds op Saterdag stap om Sondag betyds by die kerk uit te kom. Daar is geen predikant nie en Yip is oortuig dat God haar roep om haar mense uit die Bybel te leer. Bybelgenootskappe wêreldwyd, ook die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, help in vennootskap met die Chinese Christenraad en die Amity Drukkery om Bybels vir die mijoene Chinese Christene in China beskikbaar te stel. http://biblesociety.co.za/ |