JY IS OP 'N SENDING!
  Bob en Debby Gass

Jesus het Sy dissipels met hierdie woorde uitgestuur: “Moenie enige geld saamvat nie, of 'n reissak of selfs 'n ekstra paar sandale nie. En moenie enigiemand langs die pad groet nie.” (Lukas 10:4 NLV).
Jesus het drie dinge beklemtoon:
1) 'Moenie enige geld saamvat nie…' - moenie opgaar nie! God sal diegene wat sê, 'Ek sal elke sent wat U meer as my behoeftes aan my gee, Here, vir U doel-eindes gebruik,' weliswaar toets.
Dink aan die moontlikheid om voor die Regterstoel van God te staan met jou rykdom onbelê, jou taak onvervul, en jou invloed-sfeer vir Christus onbereik. Wátter verskoning sou jy kon aanbied?
2) 'Moenie...'n reissak [saamvat] nie' - geen ekstra bagasie nie! God se Woord sê: '...kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik 'n houvas op 'n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê, ons oë vasgenael op Jesus, die Een op Wie ons geloof vanaf die wegspring tot by die eindstreep steun.' (Hebreërs 12:1(b) NLV).
Wát ook al jou aandag aftrek, kan jou beïnvloed, en wát ook al jou aandag hou, kan jou bemeester. Satan wil jou keer om jou Godde-like opdrag uit te voer; dus moet jy jou fokus behou!
3) 'Moenie enigiemand langs die pad groet nie' - moenie tyd mors nie! Enige verhouding wat nie tot jou eindbestemming bydra nie, moet bevraagteken word. Paulus was onwrikbaar hieroor: '...as mense nie ons opdragte in hierdie brief gehoorsaam nie, identifiseer hulle. Vermy hulle...' (2 Tessalonisense 3:14 NLV).
Dit is reeds laat en die nood is groot. Lank gelede, in sekere landelike gebiede van Amerika, is die skole vir 'n aantal weke wanneer dit oestyd was, gesluit, en almal het gehelp om die oes in te bring. Waarom? DIE OES KAN NIE WAG NIE!
[Ingestuur deur Rudi Enslin].

Indeks     Index