"PAPPA, HOU OP!" | ||
  |
‘n Pastoor van 'n plaaslike gemeente het sy assistent opdrag gegee om die Evangelie in 'n ou deel van die stad te gaan verkondig. Die oomblik toe die eerste man met wie hy gesels, hoor van Jesus, was hy baie ontsteld en het die evangelis gevra om sy huis te verlaat. 'n Ruk later het die pastoor weer vir die jong evangelis gesê om na dieselfde huis te gaan en weer die Evangelie daar te gaan verkondig. Hy het dit gedoen en weer met die man oor Jesus gepraat. Hierdie keer het die man begin skree en vloek en gedreig om hom te slaan as hy dit sou waag om terug te kom. Toe die pastoor hoor wat gebeur het, het hy vir die evan-gelis gevra om nog 'n laaste keer na dieselfde man te gaan. Die evangelis het eers geweier en gesê dat die man hom beslis sou slaan en miskien selfs sou doodmaak as hy sy gesig weer daar sou wys. Maar die pastoor was vasberade en het hom weer gestuur. Hy het gegaan en op pad het hy geloop en bid. Die vorige twee kere het hy gebid dat God die harte van die mense met wie hy sou praat, moes oopmaak. Hierdie keer het hy gebid dat die Here hom moes beskerm. Hy het vir sy lewe gevrees. Toe hy daar kom, het 'n vyf-jaaroue dogtertjie by die hek gesit en speel. Hy het haar van die Here vertel, van die skep-ping en van Jesus Christus wat die Verlosser is. Na 'n rukkie het die pa agtergekom wat aan die gang was. Hy het met 'n stok by die huis uitgestorm om die evangelis te slaan. Net toe hy hom wou slaan, het die dogtertjie uitgeroep: “Pappa, hou op! Moet hom nie slaan nie. Pa moet luister wat hy sê en van nou af elke Sondag kerk toe gaan.” Die pa het die stok laat val en begin huil. Sy dogtertjie was haar hele lewe deur doofstom en Jesus Christus het haar wonderbaarlik genees! Die evangelis het nie van haar toestand geweet nie. Hy was net gehoorsaam aan die opdrag om die Evangelie aan die verlorenes te verkondig, al sou dit beteken dat hy geslaan en dalk doodgemaak word. Die hele gesin van sewe het tot geloof in Jesus gekom. www.pioneers.org |