GESINSTRAGEDIES | |
  |
Die huidige gesinsnood is miskien ‘n groter gevaar vir ons samelewing as die atoombom. - Billy Graham Spr. 27:8 - “Soos ‘n voël wat sy nes net so los, so is ‘n man wat sy gesin in die steek laat.” Daar is baie tragedies in ons samelewing. Gesinne spat uitmekaar deur egskeiding en dood. Wie sal 11 September 2001 vergeet? Vigs maak daagliks in Afrika dieselfde hoeveelheid mense dood. Dit laat ‘n klomp kinders wees. Feitlik elke tragedie het ‘n effek op die gesinslewe van die wêreld. Een van die groot tragedies van ons samelewing is egskeiding en ongelukkige huwelike. Soms skei mense en vernietig kinders se lewe. Soms bly mense met groot haat bymekaar en vernietig kinders se lewe. Kom ons werk hard om elke tragedie teë te werk wat gesinne kan seermaak of vernietig. Gebed: Vader van gesinne, bewaar asseblief ons gesinne teen die aanslae van die duiwel. Laat ons besef dat U gesonde gesinne wil hê. Amen. [Uit: Pitkos vir die Pad, Annes Nel, CUM, 2004] |