DIE PLEK OM GELUKKIG TE WEES | |
Die plek om gelukkig te wees is HIER. Die manier om gelukkig te wees, is om ander mense gelukkig te maak. - Robert Green Ingersoll Almal soek geluk. Ons verwag dit en voel dit kom ons toe. Ek lees onlangs in 'n verhaal dat daar twee soorte geluk is: dié wat aan jou gegee word, en dié waarvoor jy moet werk. Wat 'n groot waarheid! 'n Ander onvergeetlike wysheid wat ek gelees het, hou ook 'n fyn vermaning in: blom op die plek waar jy geplant is! Ons dink so dikwels: as ek nou dít of dát kon hê, sou ek gelukkig wees. As ek dáár gebly het, sou ek gelukkig wees. Natuurlik is daar dinge van buite wat die lewe van 'n mens kan versoet: 'n mooi omgewing, goeie hulpmiddels by die verrig van 'n taak. Maar geluk as sulks kom van binne. Dit kan nie gekoop word nie en beloof ook nie om te hou nie. GELUK IS JOU INGESTELDHEID TEENOOR DIE LEWE. [Met Goue Ink geskrywe, Junita Joubert, Daan Retief Uitgewers,1986]. “You have put more joy and rejoicing in my heart than [they know] when their wheat and new wine have yielded abundantly” (Ps. 4:7, Amplified Bible). “You will show me the path of life; in Your presence is fullness of joy, at Your right hand there are pleasures forevermore” (Ps. 16:11, Amplified Bible). |