CHRISTUS, ONS DEERNISVOLLE HOEPRIESTER
  Christus is by uitstek ons deernisvollle Hoëpriester. Die Nuwe Lewende Verta-ling vertaal Hebreërs 4:15 soos volg: “Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel.” Dit is eintlik die direkte vertaling van die Grieks: simpatheo = saam + voel. Wonderlik om te weet dat Christus met ons saamvoel, d.i. deernis het met al die probleme wat ons ondervind. Dink aan die man vol demone wat deur Jesus genees is “omdat Jesus deernis / medelye met hom gehad het” (Markus 5:19). Dink aan die melaatse man wat Jesus gesmeek het om hom gesond te maak. Dan lees ons: “Jesus het hom innig jammer gekry, Sy hand uitgesteek en hom aangeraak met die woorde: Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!” (Markus1:41).

Toe Jesus by geleentheid ‘n groot klomp mense sien “het Hy ‘n diep deernis vir hulle gevoel, want hulle was soos skape sonder ‘n wagter. Daarom het Hy hulle uitvoerig begin onderrig” (Markus 6:34).

Dink aan die weduwee in die begrafnisstoet van haar seun in Lukas 7. “Toe die Here haar sien het Hy haar innig jammer gekry. Moenie huil nie!” (vers 13) het Hy gesê en die jongman uit die dood opgewek.

As ons geraak word deur siekte en pyn - Hy gee om. As ons in rou is oor ons geliefdes - Hy gee om. As ons verward is en dringend leiding nodig het - weet dan Hy het deernis met ons. As ons verontreg is en sleg behandel word, weet dit - dat Hy vir ons voel. As ons in sonde lewe en ons lewens in ‘n gemors is - weet dan dat Hy seerkry vir ons. Is dit nie besonderlik wonderlik nie?

Hoe kan ons dan aanhou om Hom teë te staan, wetende al hierdie wonderlike waarhede? Luister wat sê Romeine 2:4: “God is so oor-vloedig in sy goedheid, verdraag-saamheid en geduld teenoor jou. Minag jy dit werklikwaar? Besef jy nie dat God so goed vir jou is omdat Hy vir jou tyd wil gee om tot inkeer te kom nie?” (Romeine 2:4).

Sal ons dan nie deernis wys teenoor ander nie? Onthou dat Hy eerste liefde en deernis aan óns bewys het (1 Joh. 4:19). Hoe sal ons gemeenskap, ons huise en ons kerke nie transformeer as meer mense hulle met die kleed van deernis beklee nie! Kies om deernis met mense te hê! Kies om hulle te sien as ? verlengstuk van jouself en van God. Kies om jouself in hulle skoene te plaas wanneer jy hulle wil veroordeel. Kies vir vry wees van haat, bitterheid en oordeel.
KIES OM SÓ DIE WĘRELD ‘N BETER PLEK TE MAAK!

[Verwerking van "Die deernis van Christus" deur Wayne Jackson en "Christelike Deernis" van Salmon

Indeks     Index