GOUE BRUILOF
  Op 9 Januarie 2015 was ons bevoorreg om ons goue bruilof te vier. Na 50 jaar kyk ons saam terug op ons lewenspad. Met ons geestesoog sien ons die blink, goue draad van God se genade en ontferming. Soos die jare aangestap het, het ons al hoe meer besef hoe waar Prediker 4:9,10 is: “Twee vaar beter as een. As die een val, kan die ander een hom optel!”
Die Here het ons geseën met vier pragtige kinders wat ons lewens gevorm, verryk en verdiep het. Ons het nie genoeg woorde om Hom te loof en te dank vir hulle nie!
Alles in ons lewe het egter nie rooskleurig verloop nie. Soms het ons God se pad met ons bevraag-teken, veral na die selfmoord van ons geliefde oudste seun. Die Here het ons huwelik bewaar, want ongeveer 70% van huwelike sneuwel wanneer ouers ? kind verloor. Tog is Hy ewig getrou en laat alles ten goede meewerk vir diegene wat Hom liefhet. Wat ons oorgekom het, het die verkon-diging van die Evangelie bevor-der, aangesien God my gelei het om ? boek te skryf: “Deur water en vuur na oorvloed.” Die titel van die Engelse weergawe is: “Through water and fire to abundance.” Die boek bevat meer as 400 Bybeltekste om ander bedroefdes te vertroos en hulle geloof te help opbou. Deur die jare het ons telkemale opnuut tot die besef gekom dat ons totaal afhanklik is van God (Matt. 5:3). Dan is ons mos Sy geseëndes!
Vir alle huwelikspare wil ons graag ? boodskap gee: Vergifnis speel ? kardinale rol in ? huwelik. Ons algehele Christelike geloof is gebaseer op die vergifnis van ons sondes deur Jesus Christus se offer aan die kruis. As ons mekaar vergewe, kry Jesus gestalte in ons lewens, want vergifnis verg meestal selfverloëning. Nogtans sal ons jubel in die Here, want die blydskap in die Here is ons beskutting en Hy is ons Bron van krag vir elke dag!
Alle eer aan God die Heer!
- Amanda Lotz
Kontakbesonderhede indien u ‘n boek wil bestel:
0827726559 of e-pos:
tom.amanda.lotz@gmail.com

Indeks     Index