DIE GROOTSTE GEBEURTENISSE IN MENSEHEUGENIS
  1. Die grootste Skeppingsdaad wat God ooit op aarde uitgevoer het: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na Sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen. 1:26-27).
2. Die grootste aanstelling deur God gemaak: “Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak” (Gen. 2:15).
3. Een van God se grootste teleurstellings: “En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? En hy antwoord: Ek het U geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg” (Gen. 3:8-10).
4. Die grootste tragedie wat die mens getref het: “...maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe” (Gen. 2:17).
5. Die grootste offer/geskenk wat ooit op die aarde gebring/gegee is: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh. 3:16).
6. Die grootste ontdekking wat die mens ooit gemaak het: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee” (Matt. 11:28).
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My Stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My” (Openbaring 3:20).
7. Die grootste roeping wat ooit aan die mens gerig is: “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus” (Fil. 3:14).
“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God” (Rom. 8:14).
8. Die grootste geesteservaring ooit aan die mens beskikbaar gestel: “En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek” (Hand. 2:2-4).
9. Die grootste opdrag aan ‘n kind van God: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het” (Matt. 28:19).
10. Die grootste aktiwiteit waar-mee God tans besig is: “In die huis van My Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14:2-3).
- Dawid Roos (071 609 7196)

Indeks     Index