ONTVANG = GEE
  “Julle moenie die wenakkers afoes nie, en ook nie die are wat bly lê, optel nie. Julle moenie die wingerde ‘n tweede keer oes, of die korrels wat val, optel nie. Laat dit bly vir die armes en die vreemdelinge” - Lev. 19:9-10.
Daar was nog altyd plek in God se hart vir hulle wat minderbevoorreg is. God kan dit nie verdra dat mense van hulle waardigheid ontneem word nie. Selfs al is mense deur hulle eie toedoen in ‘n slegte toestand, maak dit nie vir God saak nie. Hy gee om vir hulle. Hy gee om deur mense te gebruik. Ons is daardie mense.
Die meeste van ons het genoeg om van te leef. Ons is nie geroep om ryk te word nie. Ons is geroep om te dien. Ons doen dit wanneer ons ons besittings met mense in nood deel.
Gebed: Here, gee my ‘n passie vir hulle wat in nood verkeer, omdat ek dankbaar is vir alles wat U uit genade vir my skenk. Amen. [Uit: Pitkos vir die Pad, Annes Nel, CUM, 2004].

Indeks     Index