‘n Lewe sonder selfondersoek is nie die moeite werd om te lewe nie...
Ons het min tyd. Ons hardloop van een vergadering na die ander. Ons vlieg oor kontinente, gewapen met ons skootrekenaar en selfoon. Wanneer moet ons tyd kry vir selfondersoek? Hardloop ons so omdat ons bang is om stil te raak met onsself? Dalk sien ons dan die verskriklike “EK” in die spieël!
Ons het tyd nodig om na te dink oor ons lewe, ons geloof, ons pad van gister en ons rigting van môre. As ons dit nie doen nie, word ons vreemdelinge vir onsself en vir mekaar. Gelukkig hou God nie op om aan ons te dink nie!
Gebed: Here, ek bely vandag voor U dat ek graag ander kritiseer, maar dat ek so min na my eie gedrag kyk. Wil U my deur U Gees lei om elke dag in selfondersoek voor U te buig.
- Oorgeneem

Indeks     Index