MUSIEK WORD IN DIE HEMEL GEBORE |
|
![]() |
|
  |
Wanneer ek aan my God dink, is my hart so oorstelp van vreugde dat die note uit my pen oor die noteblad huppel! - Franz Josef Haydn Die begaafde en begenadigde bejaarde Haydn, siek en uitgeput, is vir die laaste maal in die operasaal ingedra, waar hy na die uitvoering van sy eie oratorium, Die Skepping, geluister het. Daar word vertel dat toe die orkes by daardie beroemde gedeelte "Laat daar lig wees!" gekom het, die hele gehoor soos een man opgestaan en Haydn toegejuig het. Haydn het met sy hand na die hemel gewys en gesê: "Dit kom dáárvandaan!" Deur sy eie musiek oorweldig, is hy in sy stoel uitgedra en toe hy by die deur kom, het hy sy hande na die orkes gedraai soos in 'n seëngroet. [Die Groot Boek van Illustrasies van die Lewe vir die Lewe,Solly Ozrovech, CUM, 2006]. ---oooOooo---
Musiek is 'n tregter waardeur God die Evangelie direk in ons harte skink - Johann Sebastian Bach. |