HOE GROOT IS GOD! | |
  |
Liewe Leser Graag deel ek met u hoe GOD nog steeds vandag met ons praat en steeds vir ons opdragte gee om uit te voer. Ons moet egter altyd luister en dan DOEN wat HY vir ons sê! Dinsdagaand 15 November 2016 besluit ek om die volgende dag na die selgroep wat op Woensdae plaasvind, te gaan. Daardie nag kry ek egter 'n groot verrassing! GOD sê vir my: "GAAN NA ONS GLAS toe en sê vir hierdie vrou wat Ek aan jou sal toon: 'Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.' " Hy wys my toe dat hierdie vrou bruin hare het met ligte strepe in en ook dat sy nie groot gebou is nie! Die Woensdagoggend sê ek vir my man dat GOD aan my gesê het dat ek na ONS GLAS toe moet gaan en hierdie boodskap vir iemand moet gee. Ek kry die versie in die Bybel en skryf dit op 'n papiertjie neer - Matt. 11:28. Toe ek by ONS GLAS kom, sien ek net dames met donker hare! Ek verduidelik toe dat ek 'n sekere vrou soek en beskryf hoe sy lyk. Hulle deel my mee dat sy nie meer daar werk nie. Ek hoor myself vra of hulle dalk 'n telefoonnommer vir my het. Hulle antwoord bevestigend en sê dat haar naam Anita is. Hulle skryf toe haar nommer agterop my papiertjie. Toe ek by die huis kom, skakel ek haar nommer. Dis op voicemail. Later skakel ek weer en weer en elke keer kry ek voicemail. Heelwat later skakel ek nog 'n keer en eindelik antwoord sy... [Lenie 072 757 4646] ![]() HIER VOLG ANITA SE GETUIENIS ![]() Liewe Leser Graag wil ek vertel wat met my gebeur het. Op Dinsdag 15 November 2016 het ek by my eetkamertafel gesit en VREESLIK GEHUIL! Alles het vir my net te veel geword! Ook die onenigheid in my huis het te veel geword vir my! Ek het op Facebook geskryf dat ek my eie lewe gaan neem! Ek het vir almal wat ek ken raad gevra, want ek kon net nie meer nie! Woensdag het ek seker 4 missed calls op my foon gekry en elke keer mis ek dit! Ek besluit toe dis seker weer vir skuld en hulle kan maar weer bel. Ongeveer halfses lui my foon weer. Dis dieselfde nommer en aan die ander kant praat 'n vrou. Sy vra of dit Anita is en ek bevestig dit. Sy sê: "Jy ken my nie en ek ken jou ook nie, maar GOD het gesê ek moet na ONS GLAS toe gaan en vir jou hierdie boodskap gee. Gaan lees asseblief Matt. 11:28 - 'Kom na My toe...' " Ek was verstom en geskok! Ek neem toe die Bybel en lees net die eerste paar woorde (Kom na My toe...). Toe dink ek - nou gaan ek dood! Ek lees egter weer en lees toe die hele teksvers. Skielik besef ek hierdie woorde is net vir my bedoel! Die vrou vra of sy my kan kom besoek en ons maak 'n afspraak vir elfuur die volgende dag. Ons gesels die volgende dag en die vrou sê vir my GOD HET MY GESIEN TOE EK SO HARTSEER HUIL BY MY EETKAMERTAFEL! HY SIEN ALLES EN HY WEET ALLES!!! Na ons gesprek het ons saam gebid en sy het my na Jesus toe gelei! Ek het altyd almal se hulp gevra, maar nie GOD s'n nie! Tog het HY my vergewe en die vrou het my vertel dat HY MY SKOONGEWAS HET MET SY BLOED EN DAT EK NOU 'N NUWE MENS IS! Die volgende dag kry ek 'n briefie teen die yskasdeur wat my klein-dogter geskryf het met presies dieselfde teksvers - Matt 11:28! Ek het met groot skok besef dat ons altyd alles vir GOD vra en dat al wat HY ons vra, is: Gee jou lewe vir MY. EK is daar vir jou! Maar dit het my 52 jaar geneem om my lewe vir HOM te gee! Dis wonderlik! Geen woede, lelik praat of bekommernisse meer nie! Ek het ALLES vir HOM gegee!! HY het al my laste weggeneem! As ek nou my oë soggens oopmaak, PRYS EK GOD TOTDAT EK WEER GAAN SLAAP! SY WONDERDADE IS AL WAAROOR EK PRAAT! GOD se LIEFDE borrel uit my mond! Een van my kliënte by NAEL-KLINIEK wou ook 'n KIND VAN GOD WORD. Ek het vir haar gebid en haar na die Here gelei en sy is ook nou 'n KIND VAN GOD. Ek staan haar nou by en bid gereeld saam met haar. My familie sê ek straal! Ek is mos nou GOD se nuwe skepsel! Ek kan nie beskryf hoe wonderlik dit is om te weet dat GOD SELF met my gepraat het deur SY WOORD nie! Ek sal orals getuig waar ek gaan en ek praat heeldag met GOD! EK SAL GEDURIG NA HOM LUISTER want ek weet HY sal my leer na SY HAND sodat ek baie dissipels vir Hom kan maak! Halleluja! VADER GOD, EK, ANITA IS U KIND! EK PRYS U DAARVOOR! [ANITA 082 081 3801] |