GOD STAAN BY ONS WANNEER ONS SWAARKRY | |
  |
Kom ons sê eers vir die Here baie dankie. Aan Hom, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die eer toe. Hy is so goed vir ons almal. Soos 'n goeie Vader troos Hy ons elke keer wanneer ons swaarkry. Hy help ons uit al ons moeilikhede en probleme. Daarom kan ons nou ook ander mense help en ondersteun wanneer hulle die slag swaarkry. Ons kan hulle op dieselfde manier help as wat God ons gehelp het. Net soos Christus vroeër gely het, ly ons nou ook. Ons kry swaar omdat ons Sy volgelinge is. Maar gelukkig hoef ons dit nie alleen te dra nie. Christus is heeltyd by ons. Hy oorlaai ons elke dag met Sy goedheid en met Sy liefde. Ek moes al dikwels swaarkry omdat ek in Christus glo, maar Hy het my nog elke keer daardeur gehelp. Christus het elke keer my hand kom vat en my die krag gegee om vas te byt. Daarom kan ek julle nou ook help as julle swaarkry. Ek kan julle help om aan te hou glo wanneer julle met dieselfde soort probleme worstel as waarmee ek te make gehad het. Natuurlik twyfel ek nie vir 'n enkele oomblik dat julle sal bly glo nie. Julle het immers mos al 'n hele paar keer beleef hoe Christus julle help wanneer julle swaarkry. Weet julle, ek het onlangs daar in Asië kwaai deurgeloop ter wille van my geloof. Dit was verskriklik. Ek is so mishandel dat ek dit later nie meer kon uithou nie. "Hier kom jy nooit lewendig uit nie," het ek vir myself gesê. Dit het regtig gevoel asof 'n doodsvonnis oor my uitgespreek is. Maar ek het 'n baie belangrike les in daardie slegte omstandighede geleer. Ek het geleer om met my hele lewe in God te bly glo, en om glad nie op my eie kragte staat te maak nie. Ek het aan God bly vashou wat in staat is om dooies lewendig te maak. Uiteindelik het Hy my toe uit daardie lewensgevaarlike situasie gered. En was ek nie dankbaar nie! Ek weet ook dat God my vorentoe weer sal red as ek in sulke gevaar verkeer. Elke gebed van julle vir my en my helpers is lewensbelangrik. Daarsonder kan ons nie ons werk vir die Here doen nie. So, hou asseblief aan om vir ons te bid. Vra veral dat God ons sal beskerm. Kyk net wat alles gebeur wanneer julle vir ons bid:
|