STAP SAAM MET GOD... | |
![]() |
|
  |
"Loof die Here, want Hy is goed, aan Sy liefde is daar geen einde nie!" (Psalm 106:1). "Ek weet aan Wie ek my
Met hierdie gesang kon ‘n mens die ou jaar uitstap en die nuwe jaar betree! Méér nog, ‘n mens kan daarmee na jou sterfbed gaan en die Ewigheid aandurf. Wanneer ons terugkyk op die ou jaar, roep ons die hele pad waarlangs God ons gelei het in herinnering. Ons dank Hom vir elke tree van die pelgrimsreis, omdat Hy ons deur elke dag liefgehad en gedra het.toevertrou het, al wissel dan ook dag en nag; Ek ken die Rots op Wie ek gebou het, van Wie ek al my heil verwag. Eens aan die einde van my lewe, sal ek, van alle sorge vry, vir elke dag my hier gegewe U ‘n hoër, reiner loflied wy" (Gesang 353:4). Daar is ook baie waarvoor ons om vergifnis moet vra: kosbare tyd wat ons verkwis het, liefde wat ons weerhou het, gebede wat ons nie gebid het nie, geleenthede wat ons laat verbygaan het. Daar is so oneindig baie waarvoor ons God kan dank: vir bewaring, genesing, ondersteuning, voorsiening. Mag ons geïnspireer word deur die woorde van Marie-Louise Haskins: "Ek het aan die man by die poort ‘n lig gevra vir die donker pad wat voorlê. Hy het vir my gesê: ‘Plaas jou swak hand in die Hand van die Almagtige God en stap moedig voort. Dit sal vir jou beter wees as ‘n lig en veiliger as 'n bekende pad.'" "...Die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe" (Spreuke 4:18). |