GEWELD IN SIRIË | |
  |
![]() Terwyl geweld en oproere steeds deur die Midde-Ooste versprei, blyk dit asof die Christenminderheid op ‘n groter skaal geteiken word, veral die gelowiges in Sirië. Sedert die krisis in Maart 2011 begin het, is daar na bewering reeds meer as 60 000 Siriërs, waaronder talle Christene, doodgemaak en baie ander mense ook gewond is. 'n Plaaslike Siriese pastoor deel die realiteit wat die Siriese Kerk vandag in die gesig staar met “Geopende Deure” en hoe die Heilige Gees voortdurend harte ontvanklik maak teenoor die Vader ten spyte van die onrus: “Nie in ons wildste drome sou ons kon raai dat geweld van hierdie aard in ons land sou uitbreek nie. Vir soveel jare het vrede en stabiliteit in Sirië geheers, ondanks die onsekerheid in ander dele van die Midde-Ooste. “Ons land was voorheen 'n toevlug vir talle ontwortelde mense en vlugtelinge vanaf ander lande soos Palestina, Libanon, Irak en Soedan. Maar die huidige geweld laat talle mense ontworteld en noodsaak hulle om in haglike omstan-dighede te woon waar hulle ontneem word van skuiling, skoon water, elektrisiteit en mediese sorg. “Selfs al is die omstandighede ellendiger as vantevore, is daar tog goeie nuus: die Kerk reik heelhartig uit om mense van die swaarkry te verlig en die Here maak harte ontvanklik vir die Evangelie. “Ons (die Kerk) is op hierdie tydstip in die geskiedenis in hierdie land, nie net om te treur nie, maar ook vir ‘n goddelike rede. “Ons glo dat ons in die middel van ‘n geestelike oorlog is. Daar is baie ander wat meer effektief is as ons in terme van militêre, politiese, ekonomiese en maatskaplike hulp, maar niemand is so bevoorreg soos ons om effektief te wees in hierdie geestelike oorlog nie. “Ons dank die Here dat die Kerk landswyd in gebed verenig is waar ons bid dat die bloedvergieting tot 'n einde sal kom, vir vrede in ons land en dat die Kerk sal uitreik na diegene wat swaarkry, die Evangelie sal verkondig en die Woord van die Here met vrymoedigheid sal deel. “Soveel te meer waardeer ons die gebede van al die Here se kinders wêreldwyd. Dit is 'n besonderse tyd waartydens die Kerk in Sirië die eenheid van die Liggaam van Christus (van regoor die wëreld) ervaar. Ons dank die Here hiervoor. Dit bemoedig ons.” [Uit: FRONTLINIE GELOOF, Geopende Deure, Feb. 2013, www.opendoors.org.za]. |