|
KWAAI OUERS EN OPSTANDIGE KINDERS |
|
  |
‘n Tendens wat vandag algemeen voorkom in ons samelewing, is kwaai ouers en opstandige kinders. Daar is hoofsaaklik drie redes vir hierdie verskynsel: Deut. 5:16 stel dit baie duidelik dat indien kinders hulle ouers eer, hulle lank sal leef en dat dit met hulle goed sal gaan. Dit beteken egter ook dat indien kinders hulle ouers nie eer as Godgegewe ouers nie, maar hulle oordeel vir wat hulle moontlik verkeerd gedoen het, sulke kinders hul eie lewens verkort en daardeur ook verhinder dat dit met hulle goed sal gaan. Spreuke 22:6 impliseer dat indien ons ons kinders in die weë van die Here opvoed, hulle nie daarvan sal afwyk wanneer hulle groot is nie. Die teenoorgestelde van hierdie implikasie is egter ook waar, nl. dat indien ons ons kinders in “ons weë” opvoed, hulle ook nie daarvan sal afwyk nie! OUTORITEITSFIGURE IN KINDERS SE LEWENS God het moeders gegee om aan ons geboorte te skenk, ons te voed en te versorg tot op puber-teitstadium. Daarna behoort die vader sterker te figureer as gesagsfiguur ten einde geslags-identiteit en ‘n Godvrugtige lewensingesteldheid in die kind se lewe te bewerkstellig. Vandag se gejaagde lewe bring mee dat manlike outoriteitsfigure uit kinders se lewens verdwyn a.g.v. egskeidings, lang werksure, loopbaanvordering, ens. Bedink die volgende: ‘n Seun word gebore, ‘n verpleegster versorg hom, sy moeder neem die versorging oor totdat hy na ‘n vroulike dagmoeder toe gaan. Daarna besoek hy ‘n speelgroepie by ‘n vroulike toesighouer, dan kleuterskool toe met dames wat na sy behoeftes omsien. Sy moeder leer hom sy kamer opruim, klere opvou en uitkies. In die laerskool rig juffrouens deesdae rugby en krieket af. Daar is dus vir jare ‘n gebrek aan ‘n manlike gesagsfiguur. Dit het lank reeds tyd geword dat vaders hul plek as priesters (gesagsfiguur) in die huis inneem. Mag dit ‘n permanente gebeds-versoek op u gebedslys wees vir 2003. Geborg deur: TG TRADERS |